Laeveld Agrochem
Agri Technovation
MyFarmWeb
Microlife Research Centre
Mezzanine

GEWASBESKERMING  
CROP PROTECTION

Witvlieg op tamaties

Min vlieg maar baie skade.

Witvlieë dra vier dakpansgewysde vlerke in plaas van net twee soos by egte tweevlerkige vlieë (Diptera), en is suigende insekte van die insekfamilie Aleurodidae. Hulle is eerder nader verwant aan plantluise of bladspringers as aan vlieë. As virusvektore is hulle in staat tot oordraging van verskeie virusse wat verantwoordelik kan wees vir ernstige groentesiektes. Die onvolwasse stadia is nimfe en sit sessiel vas onder hul gasheerblare om daar al suigende te voed, teenoor ware vlieë wat almal drie larvale stadia deurgaan en meestal as vrylewende ontbinders op maaiers voed. 

Witvlieë is wêreldwyd hardnekkige peste van ’n groot aantal kruidagtige gewasse soos o.a. katoen, groente, sojabone, ornamentele huis en tuinplante, sitrus, kruie asook heelwat onkruidgashere. By groente, in voorkeurorde genoem, is onder meer eiervrug, komkommers, tamaties en capsicums gewilde gashere. Hulle is polifagies – wat beteken dat hulle op ’n verskeidenheid van plante kan voed, en wat maklik van veldplante en onkruide na aangeplante gewasse migreer en omgekeerd afwissel. 

Die beskerming van natuurlike vyande is van groot belang in enige geïntegreerde plaagbeheerstrategie. Philagro S.A. se insekjeughormoon-mimiek Piriproksifen (Nemesis® 100 EC) is vir witvliegbeheer in tamaties geregistreer. Die middel is hoogs spesifiek op o.a. onvolwasse witvliegnimfe sonder om kosbare natuurlike witvliegvyande soos o.a. parasitiese wespes omver te gooi.
Laatroes op aartappels

Laatroes waarskuwingsmodel.

Laatroes is wêreldwyd waarskynlik die mees gevreesde siekte op aartappels. Vanweë Suid-Afrika se sonnige klimaat, is die siekte minder van ’n probleem vir groot dele van die jaar, maar wanneer die omgewingstoestande in sy guns tel, moet laatroes met voorsorg hanteer word.

Omdat die uitdagings ten opsigte van aartappelproduksie voortdurend verander, word die siektes en probleme waarteen die model waarsku, deurlopend aangepas. 

Om laatroes beter te bestuur, het Syngenta ’n waarskuwingsmodel ontwikkel om siekterisiko te voorspel op grond van weervoorspellings wat deur ’n groot aantal weerstasies regoor die land verskaf word. Die weermodel word twee keer per week gesimuleer om ’n vyfdagvoorspelling per weerstasie te genereer.

Nisboere Seisoen 7

MIRAVIS® Neo: ’n Hoeksteen vir die beheer van mieliesiektes.

Geskryf deur Hanlie Geldenhuys, Bemarkingsbestuurder
Navrae: Francois van Deventer, Tegniese Leier, Swamdoders, Suid-Afrika

Mieliesiektes, veral grysblaarvlek, noordelike blaarskroei en bruinroes, is ’n noemenswaardige produksierisiko en moet nooit onderskat word nie. 

Effektiewe beheer berus op ’n goeie begrip van die drie elemente van die siektedriehoek. Wanneer die gewas vatbaar, die patogeen teenwoordig en die omgewing gunstig is – matige temperature (18o C tot 27o C), hoë humiditeit en lang periodes van dou of nattigheid – kan produsente maar weet siektes is besig om te ontwikkel.

Volledige beskerming in een program: MIRAVIS® Neo is ontwerp om saam met die Syngenta staatmakers AMISTAR® Top en ARTEA® ’n volledige oplossing vir blaarsiektes te bied as deel van ’n holistiese beheerstrategie.

LEES MEER | READ MORE

Kliek op die skakels hieronder vir meer tegniese inligting. | Click on the links below for more technical information.

KONTAK ONS | CONTACT US

Follow us on Facebook
CUSTOM JAVASCRIPT / HTML
Laeveld Agrochem Videos
CUSTOM JAVASCRIPT / HTML
Powered By ClickFunnels.com