Agri-Cure SP is ’n hoogs gevorderde groen chemie tegnologie swamdoder met beide swamdodende en fungistatiese eienskappe wat dit hoogs effektief maak as kontak swamdoder, maar ook goeie genesende eienskappe van gevestigde infeksies toon.
Groen chemie is die beste antwoord op die wêreldwye beperkings en regulering van plaagdoder residue in voedsel, aangesien hierdie groen chemie effektief is om teikensiektes te beheer, lang nawerkingtyd gee, maar ook ’n voedselgraag aktiewe bestanddeel is wat beteken dat ons ’n 0-dag oesinterval het. Die halfleeftyd van Agri-Cure SP op die plant sal afhang van verskeie omgewingstoestande (sonder afwas deur swaar reën). Die aktiewe bestanddeel het byna 25 dae aktiwiteit op die gewas.
MBFi het in die ontwikkeling van Agri-Cure SP meer as 36 proewe op sitrusswartvlek regoor Suid-Afrika gedoen. Ons is verbind tot die bedryf om ’n volhoubare en groen chemie te verskaf wat werk, residue verminder en meer omgewingsveilig is. Ons het Agri-Cure SP deur middel van kragtige toetsing van verskeie intervalbespuitings, alleenstaande, in kombinasie met verskeie strobiliene en in programme met koperhidroksied daargestel om die beste lewensvatbare alternatief te formuleer om ouer en tradisionele harde chemie in die mark te vervang.